Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

is a registered Namibian charity organization
with its main focus on providing financial assistance
to top junior Namibian sports men and women.
Live your dream!

Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

“Suzelle and Janine’s legacy will and must continue
to inspire young Namibian athletes to follow their dreams
of achieving excellence in sport.”
Message of condolences - John Mutorwa - Minister (14 Dec 2006)

Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

“Janine and Suzelle brought energy, charisma, passion and talent
to Namibiam Hockey and Tennis and will be deeply missed by their fellow athletes,
coaches and the Namibian Sporting community at large.”
Ministry of Youth, National Service, Sport and Culture

Kranige Els gaan in Amerika speel

Die belowende jong gholfspeler van Swakopmund, Caro Els, gaan tydens die Desember-skoolvakansie aan twee amateurtoernooie in die Verenigde State van Amerika deelneem.
Die 17-jarige Els vertrek môre na die Amerikaanse staat Florida, waar sy die komende naweek in die American Junior Tournament in Jacksonville sal speel. In dié toernooi sal sy teen van Amerika se beste junior spelers te staan kom en daar sal ook ander internasionale spelers in aksie wees. Die toernooi is deel van die Wêreld Junior Gholf-reeks waar die room van junior gholfers mekaar aandurf.
Volgens Els is sy baie opgewonde oor die geleentheid om in Amerika te gaan speel. “Dit is my eerste besoek aan Amerika en ek is baie opgewonde oor die geleentheid. Ek is veral baie dankbaar teenoor mnr. Herman Davin van die Janine en Suzelle Davin Trust en die Namibië Gholffederasie, wat dit vir my moontlik maak om aan die toernooie te gaan deelneem,” het Els aan Republikein gesê.
Haar tweede toernooi is op 27 en 28 Desember wanneer sy aan die Gold Coast Junior Golf Foundation Holiday Classic in Miami gaan deelneem. Vir Els is hierdie ’n baie goeie geleentheid om waardevolle ondervinding in ’n uiters kompeterende toernooi op te doen. Els het in Namibië bitter min teenstand en sy het onlangs die vroue-afdeling van beide die Gold Cup in Windhoek en die Rösssmund Ope op Swakopmund gewen.
Amateurgholf in Amerika is uiters mededingend en Els sal veral baie leer deur op gholfbane in Amerika te speel. In Namibië word toernooie grootliks by Omeya Gholflandgoed, Windhoekse Buiteklub en Rössmund Buiteklub beslis en nou het sy die geleentheid om in heeltemal ander omstandighede en op meer uitdagende gholfbane haar vernuf op die proef te stel.
Volgens Els, wat tans met ’n voorgee van twee houe speel, is dit ook ’n goeie geleentheid om haarself aan talentsoekers van die Amerikaanse universiteite bekend te stel.
“Ek sal graag in Amerika wil gaan studeer nadat ek volgende jaar graad 12 voltooi het. Hierdie is ook die ideale geleentheid om te begin om kontak te maak met universiteite waar ek moontlik om ’n gholfbeurs aansoek kan doen,” het Els vertel.