Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

is a registered Namibian charity organization
with its main focus on providing financial assistance
to top junior Namibian sports men and women.
Live your dream!

Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

“Suzelle and Janine’s legacy will and must continue
to inspire young Namibian athletes to follow their dreams
of achieving excellence in sport.”
Message of condolences - John Mutorwa - Minister (14 Dec 2006)

Janine & Suzelle
Davin Sport Trust

“Janine and Suzelle brought energy, charisma, passion and talent
to Namibiam Hockey and Tennis and will be deeply missed by their fellow athletes,
coaches and the Namibian Sporting community at large.”
Ministry of Youth, National Service, Sport and Culture

Hardloop Comrades vir Davin-Trust

Ida Calitz (tweede van links) en Ilsje du Plooy is in die groep van sowat twee dosyn Namibiërs wat vroeg komende Sondagoggend by die wegspringstreep van die 2014 Comrades ultra-marathon in Pietermaritzburg sal wees.

Calitz, wat ’n paar jaar gelede ’n stryd teen leukemie moes voer, en Du Plooy, wie se man Piet ook ’n bekende Namibiese sportfiguur is wat kanker te bowe gekom het, het verlede jaar vir die eerste maal ingeskryf en die volle bykans 90 km voltooi. Beide hardlopers is gereed om vanjaar ook die “af”-wedren in ’n ietwat vinniger tyd klaar te maak. OTB Sport van Windhoek, hier verteenwoordig deur Enrico Gaoab (heel links), het Calitz en Du Plooy van uitrusting vir die ultra-marathon voorsien.

Die twee vroue betaal hul eie koste vir deelname en hardloop vanjaar se Comrades om geld in te samel van die Davin Sporttrust, wat geldelike bystand aan talentvolle jong Namibiese sportlui verskaf. Welwillendes wat deur middel van die Davin-trust jong atlete met die koste vir afrigting, reis en verblyf wil bystaan, kan donasies in die volgende bankrekening deponeer:

Janine & Suzelle Davin Sport Trust; First National Bank (takkode 281972), rekeningnommer 62133147810; verwysing: Comrades en jou naam.